Skooltake Inligting

Persoonlike inligting
- Bobby is gebore op 6 Maart 1987 in die Paarl.
- Sy doopnaam is Pieter.
- Hy het die bynaam Bobby by sy pa gekry. Sy pa se naam is Bob.
- Bobby woon tans in Pretoria.
Familie
- Bobby is die middelste van 3 kinders – hy het 2 sussies – Karlien en Cara.
- Sy pa, Bob, woon in Pretoria en ma Ronel ook in Pretoria.
Skoolloopbaan
- Bobby was in 7 verskillende laerskole (sy pa het baie verhuis vanwee sy werk).
- Bobby was net in een hoërskool, Hoërskool Brits waar hy matrikuleer het.
- Hy het hokkie gespeel op skool en was ook ‘n leier in sy matriekjaar.
Gunstelinge
- Gunsteling kossoorte: Pasta, Sushi, Fillet steak en KFC.
- Gunsteling kleur: Groen
- Gunsteling vakansieplek: Bobby hou graag vakansie in Sodwana.
Troeteldiere
- Bobby is baie lief vir enige diere.
- Een van sy troeteldiere op skool was ‘n slang. Darem nie ‘n giftige slang nie.
- Hy het later ook vir hom ‘n iguana aangeskaf.
- Sy gunsteling hond se naam was Baboo en hy was ‘n baie stout wire hair terrier.
Wat sou hy gedoen het as hy nie gesing het nie
- Hy sou ‘n veearts geword het.
Vryetyd
- Bobby hou daarvan om te gaan fliek en is mal oor popcorn.
- Hy is ook altyd besig om nuwe liedjies te skryf in sy vrye tyd.
Musiekloobpaan
- Bobby het op hoërskool aan talentkompetisies begin deelneem en daar het sy liefde vir die musiekbedryf begin.
- Hy het sy eerste cd kontrak in Graad 11 gekry en sy eerste solo cd is uitgereik vroeg in sy matriekjaar.
- Daarna het hy professioneel begin optree.
Sluit Aan!
Sluit aan by my nuusbrief en jy sal een van die eerstes wees om te weet van nuwe gebeure of belangrike nuus!
