Ons sien uit om jou by My Bokhart Heroes Rugbypark te verwelkom vir die vertoning.
Hier is die vloerplan wat die areas aandui van die verskillende kaartjie afdelings:
Lees asb hierdie boodskap noukeurig deur.
BELANGRIK:
Vrydae – hekke maak 17h00 oop
Kombuis maak 18h00 oop
Kombuis maak 22h00 toe
Saterdae & Sondae – hekke maak 12h00 oop
Kombuis maak 12h00 oop
Kombuis maak 22h00 toe
Geen rook of “vaping” word in die tent toegelaat.
Die hele Rugbypark is 100% kontantloos
Bring baadjies en komberse – dit raak koud.
Daar sal ‘n gastelys by die deur wees met die naam op van die persoon wie die kaartjies gekoop het.
Dit is nie nodig om enige papierwerk saam te bring nie. Jou gaste wat saam met jou aan tafel sit, kan net jou naam by die deur gee.
Ons spasieer met elke vertoning die tafels sodat almal inpas, dus is die tafel nommers nooit op dieselfde plek nie.
Neem kennis, dat jy in die blok gaan sit waarvoor jy kaartjies gekoop het.
Sodra jy by die deur kom, sal sekuriteit vir jou, jou tafel nommer gee en die bestuurder sal jou na jou tafel toe neem.
Alle kaartjies wat onder dieselfde naam gekoop is, al is dit op verskillende tye gekoop, sit outomaties aan dieselfde tafel, tensy jy in verskillende blokke gekoop het.
Indien jy en vriende appart gekoop het en aan dieselfde tafel wil sit, stuur asb ‘n e-pos met almal se naam en van wat kaartjies gekoop het na heroes@bokradio.co.za
Ons spyskaart sal by die vertoning vir jou gegee word.
Ons het ‘n vol toegerusde kroeg, dus kan jy heerlik eet en iets drink vir jou eie rekening.
Die goed opgeleide kelners sal jou vriendelik bedien.
Geen eie drank of kos word toegelaat nie.
Ons het oorgenoeg veilige parkering. Volg net die aanwysings vir parkering.
Ons adres is: Klein Parys Wynlandgoed, 8 Jan van Riebeeck Drive, Paarl
Jou kaartjie is geldig vir die hele dag, so maak net seker jy weet wanneer die vertoning en rugbywedtryd begin.
Let wel: Heroes se beleid is geen terugbetalings of ruil van kaartjies na ‘n ander vertoning nie. Maak 100% seker jy koop kaartjies vir die regte vertoning.
Indien jy nie meer ‘n vertoning kan bywoon nie, is jy welkom om jou kaartjies te verkoop. Die koper kom dan by die deur in onder jou naam.
Indien jy enige ander vrae het, is jy welkom om ‘n e-pos te stuur na heroes@bokradio.co.za