29 Julie 2023 | 10:00 |
R250 per volwassene en R100 vir kinders jonger as 12 en kinders onder 3 verniet – eet soveel spitgebraaide lamsvleis as wat jy wil, saam met vars brood en slaaie. Daar sal verskeie kunstenaars wees wat almal gaan vermaak die dag. Dit is ook ‘n kindervriendelike dag.
Die hekke open om 10:00 vir die publiek en die eerste beoordelingsrondte begin om 11:30.
Wenners sal aangekondig word om 16:30. Geleentheid sal afgesluit word met ‘n vertoning.
Neem asb. kennis:
• Geen Gazebo’s of sambrele word toegelaat nie
• Eetgerei word voorsien
• Geen koelbokse, eie drankies of versnapperings word toegelaat nie
• Kampstoele word toegelaat
• Onthou ‘n hoed en sonbrandroom
• Die geleentheid sal kontantloos wees, maar kaartfasiliteite is beskikbaar.
Hekke open om 10:00.